Our Quest To Practical Spirituality.

Welcome Everyone! => Personal thread space here => Topic started by: abundance on February 27, 2011, 03:22:14 am



Title: Singles introduction service, gets badmouthed by media
Post by: abundance on February 27, 2011, 03:22:14 am
Rakende die artikel: Hester Rijnen on Sunday, February 27, 2011 at 6:50am

Die koerant plaas klagtes in artikel vorms om hul verope op te stoot, ongeag wie hulle skade doen in die proses.

Ek is so dankbaar dat die dame almal na my Facebook blad verwys want uiteindelik het ek die geleentheid om namens myself te praat en nie met deur die monde van Me Jongbloed nie. Me Jongbloed ken ek skaars. Al wat ek weet van haar is dat sy 'n kleurling dame is wat in die Kaap woon en joernalistiek beoefen en dat sy 'n totale eensydige storie skryf. Van my vriende ken haar wel.  Met een penneveeg het sy my reputasie aan vlarde.  Ek hoop die doel heilig die middele.

 Me Jongbloed het die artikel so eensydig geskryf want hul moet koerante verkoop. Ek het die volgende vir haar aangehaal... in my skrywe gister aan haar: "Dit is uiters voorsienbaar dat Rapport  se sensasiesoekende motivering daarin lê om ongeballanseerde berigte te plaas en daarom alles behalwe sal poog om op regstellende wyse berigte te plaas waarin daar reg en waarheid geskied". Dit kom daarop neer: " I have already decided that you are guilty, so don't confuse me with the truth" mens kan jouself nie regtig deur die blad verdedig nie.

Ek sien die artikel as 'n geleentheid om my skrywerstalent weereens aan te wend en nog 'n boek te skryf. Ek het vandat die eerste berig verskyn het, oor 'n Honderd briewe aan haar gestuur van gelukkige en tevrede kliente wat ons bymekaar gebring het, wat in verhoudings gegaan het, getroud is, gelukkig is, verloof is ens.  Sy het nie die inthoud daarvan geplaas nie of enige uittreksels uit die briewe nie.

 Sy noem dat klagtes ingestroom het, sy praat van 7 klagtes wat sy elkeen aangehaal het in die koerant.  Sy het nie een van die gelukkige kliente aangehaal nie.  Van die 7 klagtes, was 2 van dieselfde dame.  Sy noem dus 6 klagtes, klagtes wat 'ingestroom' het?

 Toe sy aan my noem dat die klagtes ' instroom' het ek haar gevra om dit aan my te stuur. Sy het slegs 7 klagtes aan my gestuur waarvan 2 van dieselfde dame was.  Ek was nie toegelaat om die klagtes op te volg om te probeer vasstel of dit enigsens ware klagtes is en ondersoek in te stel of dit opgemaakte klagtes is deur byvoorbeeld my kompetisie in die bedryf nie.  Sy was ongelukkig dat ek van die klagtes probeer opvolg het en my gedreig dat indien ek volhou om die klaers te probeer kontak en met hulle te gesels, dat sy dit sou publiseer, dat ek hulle dreig, wat hoegenaamd nie die geval is nie.  Die klagtes was vaag en ek kon dit nie bevestig as waar nie.  Ek kon nie sulke kliente onthou nie.  Dit is onder andere absurd, dat ek manskliënte sou betaal, om dames te bel.  Was die dame dan so 'swak kwaliteit' dat ek mans moes betaal om haar te bel?  Zelda het ook nagelaat om te noem dat alle kliënte wat hul lewensmaats deur my ontmoet, potensiële gelukkige kliënte is en dat al die mense wat nie hulle lewensmaats deur ons ontmoet het nie, potensiële ongelukkige kliënte is.  Dit is die wat altyd sal kla want hulle is kwaad vir my omdat ek nie daarin kon slaag om iemand aan hul voor te stel nie.  Wat ek ook kontraktueel met hulle bevestig het dat ek geen sukses kan waarborg nie.

 Die beste metafoor wat ek aan kan dink is die volgende:  'Dit is soos om vir mense 'n kanaal te skep, om die wildtuin aan te kla, iets soos, alle mense wat in die afgelope 16 jaar in die wildtuin was en geen diere gesien het nie, julle kan julle klagtes nou na die adres stuur, want die wildtuin gee hom uit vir, jy kan soontoe gaan om wilde diere te sien, adverteer dit en jy betaal daarvoor, jy kry dit nie verniet nie.  So ons is nou almal kwaad vir die wildtuin, stuur julle klagtes na die adres'.  Het die wildtuin regtig enige beheer daaroor?  Nee, want ons werk met lewendige diere met 'n vrye wil. O die mense sal kla dat die gras lank was, dat dit nie gesny was nie ens ens..  Maar eintlik is hulle vies want hulle het heeldag in die warm son gesit en nie die groot 5 gesien nie.  Hulle het selfs betaal.  In my bedryf is dit baie dieselfde.  Ons werk met mense met 'n vrye wil, niemand kan gedwing word om enigeiets te doen nie of van enigeiemand te hou nie ens.  Dit is bloot insidenteel.

 Dit is 'n moeilike bedryf waar ek en my kliënte afhanklik was van 'n groter prentjie, naamlik, watter mense skryf in, in watter area, stel hulle in mekaar belang, wat is elkeen se behoefte ens.  Dit is my 16e jaar in die bedryf.

 Die dame van die Erdekruik, Ciska wat my advertensies gestaak het, het nagelaat om te noem dat sy ook die eienaar van die koerant is, dat sy afhanklik is van Christene wat advertensies in haar koerant plaas, dat ek my advertensies wou staak omdat ek dit nie meer kon bekostig nie, haar in kennis gestel het dat ek dit nie verder hul finansiele projekte, soos hul kalender kon ondersteun nie en dat sy so onder druk geplaas is en gedreig is deur die dame van Robertsam Celeste, dat sy bang was vir haar en haar besigheid se voortbestaan.  Sy het ook nagelaat om te noem van al die briewe van gelukkige kliente wat sy al ontvang het en dat 5 klagtes wat sy oor die afgelope 10 jaar ontvang het, of anonniem was en dus nie enige aandag kon geniet nie, of dat dit uitgesorteer is deurdat die kliente aangedui het dat hul ondeurdag opgetree het.

Deur hierdie hele proses van aftakeling in die pers voel ek egter steeds geliefd. Ek kan nie glo hoeveel mense daar is wat anti-koerant is en wat my ondersteun nie. Van die was daar baie mense wat ingeskakel het na Zelda. Baie het persoonlike vewysings vir my gegee. Ek is verstom dat sy geen melding daarvan maak nie. Ek lees gewoonlik nie die spesifieke koerant nie, weens die sensasie-wekkende aard daarvan en weens die skinderstories oor bekendes.

As die Rapport mense soos Chris Barnard destyds uitmekaar kon trek, wat harte oorgeplant het, watse kans het ek wat nie naastenby die man se kundigheid of aansien het nie.  Nee wat, ek wil nie eers my tyd mors om my verder daarmee te vereenselwig of myself daar te probeer verdedig nie.

Die mense wat my ken sal weet dat alles loutere onsin en snert is. Baie dankie aan almal wat my probeer beskerm het deur positiewe karaktersketse en persoonlike verwysings vir haar aangestuur het, wat sy toe in elk geval geïgnoreer het.  Vir die res steur ek my nie werklik veel aan nie.

Ek het ontdek hoeveel mense gee om en hoeveel ondersteun my, hoeveel wonderlike vriende ek het, waarop ek kan staatmaak en wat hul by my skaar en by my staan!  Vir julle, julle maak elke asemteug op hierdie aarde die moeite werd en ek is onsettend trots om julle vriendin genoem te word!!!

Die Latyn spreek vanself:

 "aquilla non muscae capit" - wat beteken: "'n Arend vang nie vlieë nie".

Liefde en lig
Hester




Title: Re: Singles introduction service, gets badmouthed by media
Post by: Eugene66 on March 21, 2011, 01:50:02 pm
Hoe gaan dit nou? Het jy al 'n nuwe naam gekies?